Dit is Nuwe Jaar!
Hoe sal ons hierdie jaar inleef, en deurleef?

2 Tim. 1:7:
“Die Heilige Gees wat deur God aan ons gegee is,
is nie lafhartig nie, maar sterk. Hy maak ons ook sterk,
gee vir ons liefde vir ander,
en help ons om nie verkeerde dinge te doen nie.”
Onthou dus vir die nuwe jaar:
Jesus volgelinge is nie lafhartig nie, maar leef hul geloof in oortuiging uit.
Ons is gevul met die krag van Gees, die Heilige Gees Self wat in ons woon.
Ons leef Jesus se liefde uit, deurgaans.
Ons is sterk gefokus.

Ons kan dit aanvul met die goeie raad wat Paulus
vir die jong Timoteus gee vir die lewe, in 1 Tim 6:11:
“Timoteus, jy is God sin. Bly weg van al hierdie slegte dinge af.
Doen eerder jou bes om so te lewe dat God met jou tevrede voel.
Hou aan om op God te vertrou en om oor te loop van liefde vir ander.
Moenie moed verloor nie, en hanteer ander mense altyd mooi,
sodat hulle goed voel om by jou te wees.”

Dus sewe dinge om uit te leef:
Vlug weg van dinge wat jou van die Here af wegneem.
Doen die regte dinge aan God en mense.
Bly verbind aan God – jy dien Hom!
Bly in alle omstandighede lojaal aan God.
Deel die Here se liefde uit aan ander.
Lewe oorwinnend – uithou aanhou!
Leef met ‘n sagte hart en sagte oë.

Hiermee vestig ons ons hoop en vertroue op God alleen.
So beleef ons vergenoegdheid en vervulling.

In “The Matrix” sê Morpheus vir Neo:
“There’s a difference between knowing the path and walking the path.”

Gaan lóóp die nuwe jaar, op die pad van God, in die voetspore van Jesus!

Ernest