“Die hemel loof U wondermag, Here,
die hemelinge loof U trou.” Ps. 89:6.
God se wil geskied reeds die ewigheid lank.
Wanneer die hemelse skares dus oorloop van lof oor God se goedheid,
is sy wil in hulle midde aan’t gebeur.
Die hemelse skares wil ons leer om ook rondom ons te kyk,
en al die tekens van God se goedheid op aarde raak te sien.
Al is die skepping ernstig beskadig deur die sonde!
Daar is veel bewyse van God se handewerk oor die hele aarde.
Orals is sy onmiskenbare vingerafdrukke.
Pragtige mense, blomme, bome, berge, see, riviere, insekte, vis en dier.
Hoekom sien die hemelskares dit raak, en ons kyk dit mis?
Hoekom vier die hemelskares fees daaroor, en ons bekrap en bemors dit!
Dit is hoog tyd dat ons op ‘n loflewe saam met God vertrek deur sy skepping!
Lof en aanbidding gebeur nie net op Sondae in die kerk nie.
Om God le loof en te aanbid is ‘n leefwyse in sy hele skepping.
Leef met lof!
Ernest