Ons moet uitdelers wees van genade.
Genade maak die lewe stukkie vir stukkie hemel op aarde.
U2 sing ook “Grace makes beauty out of ugly things.”
Ons moet op geen manier die genade van die Here terughou nie.
Twee van die grootste predikers van die 19e eeu,
Charles Spurgeon en Joseph Parker,
het albei gemeentes in London bedien.
Op ‘n keer het Parker negatiewe kommentaar gelewer
op die kinderhuis van Spurgeon se gemeente.
Dit is aan Spurgeon oorgedra.
Spurgeon het ‘n vurige geaardheid gehad,
en daardie Sondag het hy, van die kansel af,
‘n hewige aanval op Parker gedoen.
Dit het die koerante gehaal en in die huise en op straat
het die mense daaroor gegons.
Die volgende Sondag het die mense na Parker se kerk gestroom.
Om die verkeerde redes.
Hulle wou Parker se antwoord hoor op die aanval van Spurgeon.
Almal het ‘n bitsige reaksie verwag.
Hierdie was sy presiese woorde:
“I understand Dr. Spurgeon is not in his pulpit today,
and this is the Sunday they use to take an offering for the orphanage.
I suggest we take a love offering here, for the orphanage.”
Die kerkgangers was baie entoesiasties.
Die diakens moes die kollekteborde drie keer gaan leegmaak.
Later daardie week was daar ‘n klop aan Parker se deur.
Dit was Spurgeon, met die woorde:
“You know, Parker, you have practiced grace on me.
You have given me not what I deserved;
you have given me what I needed.”
Dit is genade.
Om nie te ontvang wat jy verdien nie.
En om te ontvang, wat jy nie verdien nie.
Dit is hoe die Here ook met ons doen.
Kom ons gaan deel ook die Here se genade uit!
Onbeperk, onvoorwaardelik.
Ernest