Onvergewensgesindheid ketting jou vas,
en maak jou ‘n slaaf van die persoon wat jy nie wil vergewe nie.
Dit kan iemand anders wees, of jyself!
Ons moet ander se foute, en ons eie foute vergewe.
Hoe kan ons nié ander, of onsself vergewe nie,
as die Here ander of onsself vergewe het.
Jesus leer ons ook in Matteus 6:12 bid:
“…en vergeef ons ons oortredinge,
soos ons ook die vergewe wat teen ons oortree.”
Onvergewensgesindheid hou jou gevange in ‘n donker put.
Dit vergiftig jou persoonlikheid, optrede, gesindheid, perspektief,
en verhoudings met mense en met God.

Hoe kry ‘n mens dit reg om te vergewe?
Ontvang die Heilige Gees!
Die aangrypende gedeelte oor Jesus se eerste verskyning aan sy dissipels,
kort na sy opstanding, vind ons in Johannes 20:21-24.
Sy eerste woorde was: “Vrede vir julle.”
En toe het Jesus op hulle geblaas en gesê:
“Ontvang die Heilige Gees.”
En nou die belangrike saam met dit:
Direk daarna het Hy met hulle oor vergifnes gepraat!
Vergewe deur die krag van die Heilige Gees in jou!

Ons moet nie net mense vergewe nie, maar hulle ook seën!
Hou op om kwaad te praat oor die wat teen jou oortree het.
Hou op dink en praat daaroor, en seën hulle!
Romeine 12:14:
“Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,
moet hulle nie vervloek nie.”

Vergewe!... deur die krag van die Heilige Gees in jou!

Ernest