Daar is niks wat God nie weet nie. God weet alles.
Die Boodskap vertaal Psalm 147:5:
“Die Here is groot en baie sterk.
Daar is niks wat Hy nie weet nie.”
Johnny Sylvester was ‘n seuntjie wat deur ‘n perd teen sy kop geskop is.
Die medici was seker dat hy dit nie op die langer duur sou oorleef nie.
Hy het een begeerte gehad.
Hy wou graag self sien hoe die beste bofbalspeler, Babe Ruth, ‘n “homerun” maak.
‘n Telegram is aan die New York Yankees gestuur.
Hulle sou in die finaal teen die Cardinals speel in die 1926-World Series.
Hulle het vir hom ‘n paar bofballe gestuur waarop beide spanne geteken het!
Op een bal het Babe Ruth sélf geskryf:
“Johnny Sylvester, I’ll hit a homerun for you”, en hy hét dit gedoen…3 “homerun’s”.
Kort daarna, het ‘n oom van Johnny Sylvester persoonlik vir Babe Ruth
gaan dankie sê vir wat hy vir Johnny gedoen het.
Babe Ruth se reaksie was: “Who is Johnny Sylvester?”
God vergeet nooit jou naam, of wie jy is,
of jou unieke persoonlike omstandighede nie.
Hy vergeet nie wat Hy vir jou gedoen het, of nog wil doen nie.
Jesaja 43:1 sê: “Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”
J. I. Packer skryf in “Knowing God” :
“I am never out of God’s mind.
There is no moment when His eye is off me,
or His attention distracted from me,
no moment when his care falters…”
Ernest