Psalm 139:5-6:
“U sluit my in van voor en van agter.
U hand van seën is op my.
Dié kennis laat my in verwondering,
dit is vir my te hoog om te begryp.”
The Word on the Street vertaal dit só:
“You’ve put your arm around me: You know me;
My head doesn’t have the capacity –
it’s Overload City, this “You and me”!
Bob Dylan, ‘n legend in die musiekwêreld,
se liedjie “God Knows” laat jou besef : God weet alles.
Juis dit laat jou ontspan want jou hemelse Vader weet die beste.
Daarom kan jy voluit lewe, want jou lewe is in sy hande.
Hy is die Enigste wat jou deur en deur ken, én jou liefhet!
In die lied sing Bob Dylan:
“God knows there ain’t anybody ever gonna take the place of you.”
Hy sing verder dat God weet die lewe, ons lewe, is breekbaar.
En dan sing hy :
“God knows the secrets of your heart.
He’ll tell them to you when you’re asleep.”
Daarom pleit Dylan; hou vas aan God.
Verder sing hy:
Daar is ‘n hemel, al is dit onsienlik.
Dit is ‘n God-feit, wat jy nooit moet vergeet nie!
God sluit my in van voor en van agter.
Sy hand van seën is op my.
Hierdie wete laat my in verwondering.
Dit is te hoog vir my begrip.
“My head doesn’t have the capacity….
this “You and me.”
Dit is vir my genoeg dat God weet.
Alles weet!
Ernest