“Dit is nag.”
Ons gebruik dikwels hierdie uitdrukking om groot moeilikheid te beskryf.
Die Prediker vertel ons ook dat die lewe dikwels sy kwota “nag” het.
“Ek het in hierdie wêreld ‘n bitter swaar ding gesien.
Ek het in hierdie wêreld ellende gesien.” Prediker 5:12 en 6:1.
Die lewe is nie altyd maklik en gemaklik nie.
Scott Peck begin sy boek “A Road Less Travelled” met hierdie woorde:
“Life is difficult. This is a great truth, one of the greatest truths.
It is a great truth because once we truly see this truth, we transcend it.
Once we truly know that life is difficult – once we truly understand and accept it –
then life is no longer difficult. Because once it is accepted,
the fact that life is difficult no longer matters.”
Dit is regtig diep insig in die waarheid dat die lewe nie altyd maklik is nie.
Aanvaar die dinge wat in die wêreld gebeur, en waaroor jy nie beheer het nie,
wat dit moeilik maak. Aanvaar dit en gaan aan met die lewe!
As jy daaroor bly top gaan dit jou in ‘n gat in druk.
Leer om die lewe se pyne te vat soos dit kom.
Daar is nie altyd verklarings en antwoorde vir alles nie.
Hou vas aan die gesegde:
“When the going gets tough, the tough get going.”
In die Alpe is ‘n blom met die naam van Edelweiss.
Hoe kouer dit word, hoe mooier blom dit.
Dit is ook waar van kinders van die Here.
George M Lamsa het gesê ‘n boom het reguit en krom takke.
Die vorm van die boom is egter in harmonie.
Die lewe is gebalanseerd soos ‘n boom.
Reguit en krom takke, wat saam die mooi boom vorm.
Ernest
Die lewe is nie net maklik nie….
- Details