Prediker se tweede kategorie is Tyd en jou emosionele lewe –
Prediker 3:4-5:
“Daar is ‘n tyd om te huil,’n tyd om te lag,
‘n tyd om te omhels, ‘n tyd om weg te bly van omhelsing af.”
Dit is hoe die lewe is!

Een van die grootste lewenslesse wat ons moet ontdek,
is dat liefde nie iets is wat jy vir jouself moet hou nie.
Liefde is bedoel om uit te deel.
Die beroemde Franse skrywer, Victor Hugo, het gesê:
“Wat ‘n wonderlike ding om liefde te ontvang!
Wat ‘n wonderliker ding om liefde te gee!”

Ons moet baie tyd in ons verhoudings belê!
Dit maak jou lewe ryk en vol betekenis.
Dale Carnegie gee goeie raad hieroor:
Wees eerder geïnteresseerd in ander mense,
as wat jy wil hê hulle moet geïnteresseerd wees in jou.

Fokus met God se liefde op ander mense.
Luister na mense met die liefde van die Here.
Luister na iemand se storie.
Luister na hul volle storie.
Luister eerste na hul volle storie!
Die Here stuur jou na mense ter wille van hulle!

Ernest