Prediker sê dit is die derde lewenskategorie waarvoor jy moet tyd maak.
Tyd en jou geestelike lewe,….Prediker 3:7-8:
“Daar is ‘n tyd om te skeur, ‘n tyd om toe te werk,
‘n tyd om stil te bly, ‘n tyd om te praat, ‘n tyd om lief te hê.”
God het jou onvoorwaardelik lief.
Dit is waar die lewe in oorvloed begin!
Die lewe begin by God. Alle lewe!
En juis ook die ware lewe!
Ons is sondaars. Dit is wat “n tyd om te skeur” beteken.
Die Jode het hulle klere in verootmoediging oor hulle sonde geskeur.
Maar wanneer jy ontdek jou sonde is vergewe,
dan besef jy die waarheid wat Augustinus sê:
“God het elkeen van ons lief omdat daar net een van ons is!”
Dan werk jy weer jou klere toe.
Dan besef jy jy het rede om te lewe, voluit te lewe!
‘n Tyd om lief te hê met jou hele lewe!
In ons geestelike lewe beteken dit ook daar is ‘n tyd wat jy moet stilbly.
Dit is die tyd wanneer jy na God moet luister.
Sy Woord lees, luister, en dit grondig oordink.
En wanneer jy bid, in antwoord daarop, is dit die tyd om te praat.
Ook wanneer jy gaan getuig,
van God se vergifnis en goedheid vir jou,
en alle mense!
Betekenisvolle lewe begin by God.
Nêrens anders nie!
Dit is ook net by God waar tyd betekenis kry….
Ernest