1 Petrus 1:14 -15 sê dat ons, as gehoorsame kinders van die Here,
in ons hele lewenswandel aan Hom toegewy moet wees.
Dwight L. Moody het gelewe van 1837 tot 1899.
Hy het as sewentienjarige in ‘n Bostonse skoenwinkel gewerk.
Nadat hy tot bekering gekom het, het hy besluit om voltyds die Woord te bedien.
Hy het by die skoenwinkel bedank en geen inkomste gehad nie.
Kort daarna is al sy persoonlike besittings in ‘n brand verwoes.
Moody was ontsteld en kon dit nie verstaan nie.
Sy vriend, Henry Varley, sê toe vir hom:
“Die wêreld moet nog sien wat God kan doen
met iemand wat 100% aan Hom toegewyd en gehoorsaam is.”
Hierdie woorde het Moody so geïnspireer,
dat hy op sy toewyding aan die Here gefokus het.
Hy het die wêreld vol gereis, en gepreek, en duisende mense na die Here gelei.
Moody het, as prediker, waarskynlik die meeste invloed op mense gehad in die 19e eeu.
Dit het alles begin toe hy “alles” verloor het, en toegewy aan God begin leef het.
Die interessante is dat Moody nie regtig enige opleiding gehad het nie!
Hy kon blykbaar nie eers regtig goed spel nie!
Dit laat ons weereens besef, God vra nie opleiding nie,
maar gehoorsaamheid en toewyding.
Hy rus ons toe!
So wil God elkeen van ons gebruik.
Hy wil ons gebruik net daar waar ons is.
Ons hoef nie sendelinge en predikante te word nie.
Inteendeel…
Soos Leonard Nadeau gesê het:
“We are all called to go.
You don’t think you are qualified?
Let’s recall how many years of preaching,
and seminary training each of the disciples had.”
Wees net beskikbaar, gehoorsaam, en toegewyd.
Ernest