Ons moet regtig as kinders van die Here met meer hoop lewe,
en ons hoop meer uitlewe.
Klaagliedere 3:21-22 sê:
“Maar dit sal ek ter harte neem en om die rede bly ek hoop:
deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie.”
Ons kan met soveel hoop lewe!

‘n Amerikaanse dorpie op die grens met Kanada,
het ‘n groot termometer in die middel van die dorp, op die plein.
Hierdie dorpie beleef absolute ysige winters.
Op een sekere winterdag skyn die son die hele dag op die termometer.
Dan styg die kwik tot net-net bo nul grade!
Al die inwoners deel dan hul blydskap,
want dit is dan die eerste teken dat die somer op pad is.
Al lê daar nog verskeie koue dae voor.

Die Here Jesus se eerste koms na die wêreld,
is soos die kwik wat styg en as’t ware vir ons sê:
“Hou moed, God se somer is op pad!
Die wederkoms is op pad!”
Dit gee gelowiges hoop bo alle hoop!

Daar is net een ware hoop in die lewe.
En dit is net by Jesus te kry.
Dit maak jou lewe ‘n avontuur.
Dit gee jou sin in die lewe.

Mark Twain het, na aanleiding van ons hoop in Christus,
oor die lewe gesê:
“Dance like nobody is watching;
Love like you have never been hurt;
Sing like nobody is listening;
Live like it is heaven on earth.”

Ernest