Elke mens het die behoefte dat iemand sy belange op die hart dra.
Filippense 2:4 sê:
“Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie,
maar ook aan die van ander.”

Harry Sullivan het dit so gesê:
“Wanneer die geluk of sekuriteit van ‘n ander persoon,
vir jou net so betekenisvol is as jou eie, word daar liefde ingeasem.”
Dra doelbewus ander se belange op jou hart.
Ook in die pyne van die lewe,
moet jy aan die belange van die ander dink.
In die proses sal jyself meer perspektief kry,
en dit jou eie pyne ook verlig.

Dit is ook baie goed vir jou om te weet dat ander mense
joú belange op die hart dra.
Dat ander mense vir jou omgee.
Dat hulle vir jou bid.
Dat jy ook en veral deel vorm van ‘n geestelike familie.

‘n Seuntjie sê dat hy besig is om ‘n prentjie van God te teken.
“Niemand weet hoe God lyk nie”, sê die onderwyser.
“Hulle sal weet as ek klaar is”, sê die seuntjie.
Wanneer ons ander mense se belange op die hart dra,
is ons deur ons omgee en liefde vir mekaar,
besig om ’n “prentjie van God te teken”.

Ernest