Dit behels dikwels dat ons iets van God wil hê,
en dan sê dat ons later weer iets vir Hom sal terugdoen.
Byvoorbeeld, wanneer God my gesondmaak, sal ek Hom weer voluit dien.
Maar is dit reg? Kan ons so met God onderhandel?
In Genesis 18 het Abraham inderdaad met God onderhandel!
Baie mense gebruik hierdie gebeure om hul onderhandeling met God te regverdig.
Sodom was ‘n woeste plek, en God besluit om ‘n einde aan die plek te maak.
Abraham begin met God onderhandel om die stad te spaar,
selfs as daar net ‘n handjievol gelowiges in die stad oor is.
‘n Hele paar kere waag Abraham om God as’t ware af te stry,… ses keer!
God was oop vir onderhandeling.
Maar daarin gaan dit steeds om sy eer en sy koninkryk.
God is nie oop vir selfsugtige onderhandeling waarin dit net om jouself gaan nie.
Abraham het gaan pleit vir medegelowiges, indien daar enige sou wees.
Gebed is nie ‘n roetine waardeur ons elke keer moet gaan nie.
Dit is ‘n lewende gesprek tussen God en ons.
Ons sien hier by Abraham dat gebed dikwels waagmoed vereis.
Abraham se hart gaan uit na die mense van Sodom, en hy deel dit met God.
God se hart gaan ook uit na hulle, en daarom luister Hy na Abraham.
Abraham ken steeds sy plek voor God, die Almagtige.
Tree in by God ter wille van sy eer en sy koninkryk.
Volhard daarmee.
Ernest