Jakobus 1:27 sê:
“Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader,
is om weeskinders en weduwees in hulle
moeilike omstandighede by te staan.”

In die begin van die vorige eeu het ‘n klein, baie arm, dogtertjie
naby ‘n klein kerkie vir ‘n predikant gesê:
“Kan ek nie sondagskool toe gaan nie. Daar is nie plek vir my nie.”
Die predikant het haar na ‘n klassie toe gevat,
en die kind was diep daardeur geraak.
Twee jaar later het dieselfde dogtertjie siek geword en gesterf.
Die predikant het die weduwee gaan besoek,
en die begrafnis waargeneem.
Die weduwee het aan die predikant ‘n klein beursie gegee,
met ‘n briefie en 57 sent daarin….
Op die briefie was hierdie kinderskrif:
“Hierdie geld is om die klein kerkie te help om ‘n groter kerk te bou,
sodat meer kinders van Jesus kan leer.
Vir twee jaar lank het die arm dogtertjie gespaar.
Die Sondag het die predikant die briefie in die kerk voorgelees.

‘n Koerant het dit gepubliseer.
‘n Baie ryk grondeienaar het dit gelees,
en waardevolle grond aan die kerk verkoop vir die 57 sent!
Binne vyf jaar is ‘n nuwe kerk op die grond gebou.
As jy eendag in Philadelphia kom, moet jy dit gaan besoek.
Die Temple Babtist Church met sitplek vir 3300 mense!
In die Sondagskool-Sentrum hang ‘n skildery van die klein dogtertjie!

Dit laat jou dink aan die woorde van David Viscott:
“The purpose of life is to discover your gift.
The meaning of life is to give it away.”

Om die Here te dien,
is om weeskinders en weduwees
in moeilike omstandighede by te staan.
So eenvoudig en prakties is dit.
So min van ons raak daar grond…

Ernest