Ons moet aanhou groei na volwasse geloof.
Natuurlik word ons op grond van ons geloof gered.
Maar iemand wat sy lewe opreg aan die Here oorgegee het,
sal een allesoorheersende begeerte hê:
Om tot eer van die Here te lewe!
Dit word vir jou die sin van jou hele lewe!
Maar ons begin, na bekering, as babas in die geloof.
Ons moet groei, en aanhou groei na volwassenheid.
Wat is die hoofsaak van geestelike groei?
“Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming
met die evangelie van Christus moet wees.” Fil. 1:27.
Die Heilige Gees help jou hierin.
God vra nie van jou om skielik aan alle aspekte
van geestelike groei gelyk aandag te gee nie.
Die Heilige Gees begelei jou daagliks in elke situasie,
en die Gees werk nie met ons elkeen op presies dieselfde program nie.
Die Heilige Gees begelei jou om meer en meer soos Jesus te leef!
Stel jouself doelbewus tot beskikking van die Heilige Gees.
Moenie die Gees weerstaan of bedroef nie.
Die Heilige Gees sal jou laat groei en laat vrug dra.
Die vrug van die Gees:
“Die vrug van die Gees,..is liefde, vreugde, vrede, geduld,
vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid, en selfbeheersing.”
Gal.5:22-23.
Ernest