Tydens die era van die ontdekkingsreise in die 15e en 16e eeu,
toe skepe die oseane deurkruis het,
moes hulle dikwels met hul skepe gevaarlike storms en situasies trotseer.
Die stuurmanne het verskillende tegnieke gebruik,
onder andere ‘n boek, wat bekend gestaan het as die “rutter”.
Dit is nou nie die “rudder” wat die stuurtoestel is nie.
Die “rutter” was ‘n skeepsjoernaal waarin ander seevaarders
hul ondervindings aangeteken het, en gevaarlike roetes uitgewys het.
Deur die inligting in die “rutter” te lees, kon seevaarders gevare hanteer.

Die Christelike lewe is in baie opsigte soos ‘n reis op die oopsee.
Ons het dikwels as gelowiges dringende hulp nodig om situasies te hanteer.
Die Here het daardie hulp aan ons beskikbaar gestel.
Ons “rutter” is die Woord van God.
Dikwels, wanneer ons ‘n spesifieke Skrifgedeelte lees,
onthou ons God se getrouheid, sy riglyne,
en hoe Hy ons deur moeilikheid gedra en beskerm het.
Hy wild it steeds elke dag doen deur die Gees.
En die Gees werk deur die Woord van God.

Die Psalmdigter skryf hieroor in Psalm 119:133:
“Laat U woord my op die regte pad hou;
moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.”
Dink hieroor na…
Hoe die Here in die verlede vir jou gesorg het,
hoe Hy aan jou leiding gegee het deur die Heilige Gees.
Lees die “rutter” wat die Here aan ons gegee het!
Dink net hoeveel keer praat die Psalms oor die
spesifieke situasies waarin ons op die oopsee van die lewe beland!
Lees die Woord!
Die Gees lei jou deur die Woord!

Ernest