Johannes 15:3
“Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het.”

“Uiteindelik ‘n skoon verhaal wat ek kan lees”, sê ‘n dame in die boekwinkel.
Reageer die skrywer:
“Ek skryf skoon verhale omdat die Here my denke gesuiwer het.
Wat ek skryf kom van binne waar die Here reeds my hart gesuiwer het.
Dit is nie vir my inspanning nie, dit kom van Hom wat in my hart woon.”

In Johannes 15 leer Jesus sy dissipels dat dit nodig is
om in Hom te bly as jy ‘n vrugbare lewe wil lei.
Hy het die beeld van die wingerdstok en die lote gebruik en gesê:
“Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het.”
Die Griekse woord vir “clean”, wat in die Engelse vertaling gebruik word,
beteken om vry van enige onreinheid of smet te wees.
Dit is wat die Here doen wanneer Hy beheer van jou lewe neem deur die Gees.

‘n Rein hart is die werk van Christus deur die Gees,
en slegs deur sy krag en genade kan ons rein bly.
Wanneer ons faal kan ons weet:
“As ons ons sonde bely, Hy is getrou en regverdig,
Hy vergewe ons ons sondes,
en reinig ons van alle ongeregtigheid.” 1 Joh. 1:9.
Vernuwing en reiniging geskied van binne.
Dit is die Here se werk.

Belydenis voor die Here, bring reiniging van die Here.

Ernest