Toe Jesus op aarde was het Hy God se liefde sigbaar gedemonstreer.
Hy het gekniel en sy dissipels se voete gewas.
Hy het in nederigheid die hemelse heerlikheid verlaat,
Homself verneder, na die wêreld gekom,
en as mens die gestalte van ‘n slaaf aangeneem, sê Filippense 2:6-7.
Ten spyte daarvan het Hy siekes genees, uitgereik na verstote mense,
en die haat van ander mense daaroor verduur.
Hy het soos ‘n misdadiger aan ‘n Romeinse kruis gesterf.
Maar in al hierdie dinge het Hy God se liefde weerkaats.
Nou sit Jesus aan die regterhand van God!
Daarom moet die liefde van God nou deur óns gedemonstreer en uitgeleef word.
“Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle”, sê Jesus.
Daar is werklik so baie mense wat dit sigbaar aan ons demonstreer.
Wat vir ons die bewys lewer dat ons onder leiding van die Heilige Gees so kán dien.
Sestien dames van Evaston in Illinois, het hulle lewens skedules so aangepas,
dat hulle om die 24 uur ‘n dame met die naam van Marta versorg het.
Sy is ‘n 26 jarige vrou wat Lou Gehrig siekte gehad het.
Hulle bad haar, voed haar, gesels met haar, bid vir en saam met haar,
en getuig teenoor haar van die liefde van die Here vir haar.
Marta kon nie verstaan dat die liefdevolle God haar die siekte laat kry het nie.
Maar sy het die liefde van God deur hierdie vroue ervaar!
So het sy mettertyd ook ‘n toegewyde kind van die Here geword.
Vandag is sy reeds by die Here,
omdat 16 vroue deurgaans die liefde van die Here
met diens aan haar getoon het!
Die Here Jesus het self, nadat Hy die dissipels se voete gewas het,
in Johannes 13 :15 gesê:
“Ek het vir julle ‘n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het,
moet julle ook doen.”
Ernest