Dit was die tema van Howard Sugden se preek!
“God het ‘n handdoek in sy hand!”
Dit het gegaan oor Jesus wat in die bokamer
sy dissipels se voete gewas het,
kort voor sy dood.
Dit verwys na die Een in Matteus 20:28,
“wat nie gekom het om gedien te word nie,
maar om te dien.”
En nou moet ons dit ook gaan doen, sê Jesus.

Vernon C. Grounds was die president van
Denver Conservative Baptist Theological Seminary.
By elke geleentheid het hy die studente,
wat gegradueer het, uitgedaag met Joh. 13.
Hy het elke keer aan hulle ‘n tasbare simbool gegee.
Dit was ‘n klein wit was-vadoek.
Hulle is dan uitgestuur om die wêreld as diensknegte in te gaan.
Een student vertel hoe hy dit altyd in sy briewetas gehou het.
Elke keer as hy dit oopmaak,
is hy herinner hy is geroep,
en uitgestuur om te dien!

Die voorbeeld van Christus op sy knieë,
met ‘n doek in sy hand,
is vir ons elkeen ‘n uitdaging om ook te gaan dien.
Jesus sê:
“Elkeen wat in julle kring groot wil word,
moet julle dienaar wees.” – Matteus 20:26.

Ernest