Sommige beroemde orkesleiers van die verlede was baie moeilike leiers.
Robert Baxter vertel in die Indianapolis Star daarvan.
“Hulle toppunt het in die 1930’s gekom,
toe Artur Rodzinski ‘n gelaaide wapen na die oefeninge geneem het.
Arturo Toscanini het gereeld dirigeerstokke gebreek…
Fritz Reiner het musikante met sy laser oë deurboor.
George Szell het hulle met sy flymskerp tong aan flarde geskeur.”

Nou ja, met soveel konflik verbaas dit ons seker,
dat hulle met sulke pragtige musiek te voorskyn kon kom.
Feit is, dit is nie hoe die Here wil hê leierskap beoefen moet word nie.
En hulle sou waarskynlik nog beter gevaar het deur met diensbaarheid te lei.

Sterk leiers het nie nodig om deur vrees te regeer nie.
Jesus het dit met sy volmaakte leierskap kom toon.
Sy podium was nie “die berg van verheerliking”,
waar sy Godheid getoon is nie.
Nee, dit was aan ‘n Romeinse kruis.
Daar het Hy in die mens se diepste behoeftes voorsien.

Leiers begin nie regtig te dien nie,
voordat hulle diensbaarheid in hulle leierskap toon nie.
“Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien.” – Matteus 23:11.

Ernest