Dit was die woorde van Paulus.
Dat ons in ‘n oogwink sal verander, in die hiernamaals.
Johannes sê ook verder ons sal Jesus sien soos Hy werklik is! – 1 Johannes 3:2.
Thomas DeBaggio was in die beginstadium van Altsheimer.
Hy besluit toe om ‘n boek te skryf oor sy toestand, en hoe hy agteruitgaan.
Die boek, “Losing My Mind”, beskryf die ontstellende proses van geheueverlies.
Eers van take wat gedoen moet word, wat vergeet word.
Dan plekke en gebeure wat vergeet word.
En uiteindelik dat jy selfs jou eie mense nie meer onthou of herken nie.
In leketaal is Altsheimer wanneer breinselle ophou funksioneer.
Dit lei tot geleidelike geheueverlies, verwarring, en disoriëntasie.
Dit is ontstellend hoe iemand wat intelligent is, verstandelik agteruitgaan.
Vir die familie en vriende is dit soos om iemand geleidelik aan die dood af te staan,
….en dit nog voordat die persoon regtig sterf!
Ons weet ook dat ons almal wat oud word,
uiteindelik na liggaam en verstand afgetakel raak.
Vir kinders van die Here is daar egter troos en hoop.
Wanneer gelowiges hul verheerlikte liggame tydens die opstanding ontvang,
sal hulle volmaak wees, sê 2 Kor. 5:1-5.
Maar belangriker nog, in die hemel sal ons die Here sien soos Hy werklik is, sê1 Joh. 3:2.
Ons sal onthou wat Hy gedoen het, en Hom herken aan die merke van die spykers in sy hande,
sê Johannes 20:25 en 1 Kor, 13:12.
In ons aardse liggame raak ons afgetakel na liggaam en verstand.
Maar wanneer ons Jesus sien, sal ons wees soos Hy is!...sê 1 Joh. 3:2 verder!
Ernest