Allen Pinkerton was ‘n speurder wat bekendheid verwerf het in die middel 1800’s.
Hy het verskeie rooftogte op treine opgelos.
Hy was die bekendste daarvoor dat hy die plan om president Abraham Lincoln
van Amerika te vermoor, verhoed het.
Lincoln het per trein gereis na sy inhuldiging as president toe Pinkerton dit verhoed het.
Die Pinkerton National Detective Agency het die leuse gehad: “Ons slaap nooit”.

Dit is ‘n goeie gevoel om te weet jy word goed beskerm.
Maar niemand op aarde kan jou ten volle beskerm nie.
Dan is daar ook nog die bekommernisse wat ons laat wakker lê.
Ons kan ‘n oneindige lys daarvan opstel.
Mense lê vir baie verskillende redes en bekommernisse wakker.

Dit is ten opsigte van beskerming en bekommernis,
dat die Here jou nooi om na Hom toe te kom!
Psalm 121:3 sê “…Hy wat jou beskerm slaap nooit nie.”
Letterlik nooit nie.
Nie soos Pinkerton, wat dit maar as ‘n leuse gebruik nie…
Vers 4 sê; waarlik, jou beskermer sluimer nie in nie en slaap nie.
Hy beskerm jou van alle gevaar, sê vers 5.
Vers 7 sê Hy sal jou lewe beskerm.
Waar jy ookal gaan, nou, en vir altyd, sê vers 8.

Die Here beskerm ons nie net fisies nie, maar ook geestelik.
Hy hoor as ons tot Hom roep, en snel ons te hulp, sê Psalm 34:16.
Die enigste Een wat nooit slaap nie, en volledig vir ons sorg, is die Here self!
Daarom kan ons ook Psalm 120:1 onthou:
“In my nood het ek na die Here geroep en Hy het my gebed verhoor.”

Ernest