Die sesde kruiswoord van die Here Jesus,
het geweldig baie betekenis vir ons,
veral in ons swaarkry tye.
Jesus sê in Johannes 19:30:
“Dit is volbring!”
Dieselfde Griekse woord wat hier vir “volbring” gebruik word,
word ook in Filippense 1:6 gebruik:
“Ek is veral daarvan oortuig dat God,
wat die goeie werk in julle begin het,
dit enduit sal voer en dit sal voleindig/volbring,
op die dag wanneer Christus Jesus kom.”
Hierdie twee tekste skakel so op ‘n wonderlike manier met mekaar.
Jesus se woorde beklemtoon dat Hy klaargemaak het waarvoor Hy gekom het!
Ons het die Here Jesus in ons deur sy Gees wat in ons woon!
Daarom staan daar oor ons geloof geskryf:
Moet nooit ophou glo nie!
Moet nooit opgee in jou pyn of swaarkry tye nie.
Jesus help jou verseker, om saam met Hom in geloof klaar te maak,
wat God in jou begin het!
Hierdie woorde van Jesus, “dit is volbring”, is net een woord in die Grieks.
En dit is een van die mees betekenisvolle woorde vir ons!
Dit is volbring. Die Here het oorwin!
Hy het alles waarvoor God Hom na die wêreld gestuur het, volbring!
In Hom, oorwin ons saam met Hom!
Ernest