Die sewende en laaste kruiswoord kry ons in Lukas 23:46:
“Vader, in U hande gee Ek my gees oor.”
‘n Karakter uit “Seventh Heaven”, die gewilde televisieprogram,
verduidelik die dood só:
“Dood is soos wanneer jy as kind siek en koorsig is.
Jy gaan bed toe, voel sleg, sweet, het hoë koors, en bewe.
Die volgende oggend word jy wakker.
Die koors is weg, jy voel baie beter, en sterker, en moedig.
Jy voel veilig, en skielik besef jy:
Jy het in jou ouers se bed wakker geskrik.
In die middel van die nag het hulle jou in jou kamer kom haal,
en jou na hulle toe gedra.
Ons dood is nie finaal nie.
God is in beheer daarvan ,
en die deurloop daarvan na die heerlikheid by Hom.
Dwight Moody het met die dag van sy dood gesê:
“Môre sal julle lees Dwight Moody is dood.
Moet dit nie glo nie!
Ek sal dan meer lewend wees as nou!”
Geen wonder dat Sir Walter Scott gesê het:
“Julle sê die dood is die finale slaap.
Ek sê dit is die finale wakker word!”
Ernest