Ons lees die onmoontlike moontlikheid is Handelinge 2:24:
“Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.”

Die dood kon nie die Lewe gevange hou nie.
Onthou weer die woord van Jesus:
“Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe.”
Die Lewe!
Die dood kon nie vir Jesus, die Lewe, gevange hou nie.
Om jou hoop te verloor is om as’t ware vir Jesus “dood” te hou!
Jesus het waarlik opgestaan!
Daarom hoef ons nooit hoop te verloor nie!

Die sekretaris van Oliver Cromwell het ‘n slapelose nag op een van hul reise beleef.
Hy het ‘n medereisiger gaan wakker maak en gesê hy voel iets sleg gaan gebeur.
Die medereisiger het drie vrae aan hom gevra:
Die eerste: “Het God regeer vóór ons geboorte?”
Antwoord: Ja!
Die tweede: “Sal God bly regeer na ons dood?”
Antwoord: Ja!
Die derde: “Moet ons nie dan vir God vertrou om ook oor die hede te regeer nie?
Antwoord: Ja!
Die sekretaris het die wysheid hiervan ingesien en rustig gaan slaap.

Jesus het opgestaan!
Geen omstandighede, nie enige iets in die skepping, kan Jesus gevange hou nie.
Hy het oorwin en ook aan jou die oorwinning in Hom gegee.
Moenie dat enige iets jou gevange hou nie!
Jesus lewe!...en jy saam met Hom!

Ernest