Die opstanding van die Here Jesus,
en jou opstanding saam met Hom uit die dood,
verander jou lewe!
Soos die man in Johannes 9:25 sê:
“Een ding weet ek wel: ek was blind, en nou sien ek.”

Daar is ‘n fliek met ‘n geestelike strekking in terme van hierdie teksvers.
Die hele fliek is Johannes 9:25 in prentjies.
Dit gaan oor hoe een man, Nicholas,
verander van ‘n selfsugtige mens na ‘n omgee-mens.
In een toneel word hy begrawe in ‘n donker pak klere,
en dan staan hy op in ‘n wit pak klere.
Die fliek vertel hoe die opstanding ‘n mens se lewe heeltemal verander.
Jy was blind vir die Here, en nou leef jy vir Hom, en ervaar Hom, sien Hom!

Jy het ‘n nuwe identiteit.
“Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig!
Leef dan as mense van die lig.” Ef. 5:8.
Jy het geen vrees vir die dood nie.
Jesus het die dood vir sy volgelinge doodgemaak.
Jy het raad met die lewe.
Jy leef met hoop en geloof en liefde.
Jy leef die onmoontlike.
Die opstanding bewys dat in Christus alle dinge moontlik is!
Deur sy krag is ons tot alles in staat – Fil. 4:13.

Ernest