Paulus gee in Ef. 4 vanaf vers 25 riglyne vir die nuwe lewe.
Hy maak dit baie prakties vir ons lewensomstandighede.
Vers 25: “Moenie vir mekaar lieg nie. Wees eerlik met mekaar,
want ons speel mos almal saam in dieselfde span vir God.
Vers 27: “Moenie die duiwel kans gee om jou vas te trek nie.”

Om vir mekaar te lieg het nog nooit uit die mode gegaan nie.
Die tyd toe Efesiërs geskryf is, in die kultuur van die eerste eeu,
het mense gedink dat lieg ‘n aanvaarbare aktiwiteit was!
Mense dink vandag blykbaar nog steeds so….
Scott Peck skryf in sy boek, “People of the Lie”,
dat leuens in die kern lê van alle boosheid.
Geen wonder die bose word die vader van die leuen genoem nie.
Om vir mekaar te lieg is om vir jouself te lieg.
En dit is ten diepste om vir God te lieg.

Daarom is Christene mense van die waarheid.
Jesus sê ook van Homself dat Hy die waarheid is.
Johannes 8:32 sê:
“Die waarheid maak jou vry.”
Kies doelbewus om altyd die waarheid te praat.
Moenie die duiwel kans gee om jou vas te trek nie.

Ernest