Paulus gaan verder in Ef. 4 en skryf in vers 26:
“As jy vir iemand kwaad word, moet jy niks doen waaroor God skaam sal kry nie.
Moet ook nie gaan slaap terwyl jy nog vir iemand kwaad is nie.”
Die 1983 vertaling sê:
“As julle kwaad word, moenie sondig nie…”
The Message vertaal dit:
“Go ahead and be angry. You do well to be angry –
but don’t use your anger as fuel for revenge. And don’t stay angry…”
Die verskillende vertalings help ons baie, om beter te verstaan.
Waarom staan daar nie in Efesiërs: “Moenie kwaad word nie”,
maar eerder “As julle kwaad word, moenie sondig nie”?
Dit is voor die hand liggend:
Ons kan nie, en moet ook nie, dié menslike emosie ontken nie.
Dit gaan nie oor kwaad word nie, maar hoé jy kwaad word,
en hoe lank jy kwaad bly.
Kwaad word, en humeurig wees, het ook niks met mekaar te doen nie.
Paulus wil sê ons moenie opvlieënd of woedend word nie.
Die Hebreeuse woord vir “woede” beteken letterlik “neus of neusvleuels wat bewe”.
Daar was twee Hebreeuse idiome:
“Lank van neus”, om stadig kwaad te word,
en “kort van neus”, om vining kwaad te word.
Beheer jou “kwaad word”.
Moenie onnodig kwaad word nie.
Moet nooit die son laat sak oor jou kwaad word nie.
Vergewe en maak vrede.
William Temple het gesê:
Die reg om kwaad te word,
gee jou nie die reg om seer te maak nie
Ernest