Paulus gee ook met die afsluiting van sy tweede brief aan die Korintiërs
praktiese raad oor hoe hulle as kinders van die Here moet lewe.
2 Kor. 13:11:
“Ten slotte: julle lewe moet altyd vol blydskap wees.
Lewe presies net soos God vir julle sê.
Luister na alles wat ek vir julle gesê het. Wees eensgesind.
En lewe asseblief in vrede met mekaar.
Ons wonderlike God wat sy liefde oor ons almal uitgestort het,
en aan ons sy vrede gee, sal altyd by julle wees.”
The Message vertaal dit so: “And that is about it, friends.
Be cheerful. Keep things in good repair. Keep your spirits up.
Think in harmony. Be agreeable. Do all that,
and the God of love and peace will be with you for sure.”

Paulus sluit sy brief af met hierdie hoop-wens aan die Korintiërs.
Vol blydskap – wys vir ander mense God woon in jou.
Strewe na geestelike volwassenheid – God roep jou om altyd meer te word, na sy beeld.
Luister na ander se raad – Alvin Toffler het gesê:
“The illiterate of the 21st century will not be those who cannot read and write,
but those who cannot learn, unlearn, and relearn.”
Luister met ‘n leerbare gees na opregte mense wat jou raad gee.
Die Heilige Gees werk ook deur hulle.
Bring altyd harmonie daar waar jy is.
Leef in vrede.
Thomas Merton se raad:
“Be good, keep your feet dry, your eyes open,
your heart at peace, and your soul in the joy of Christ.”
Dit is die lewe van die nuwe mens in die Here!

Ernest