Ons is hier vir die Here en vir ander.
Dit het natuurlik baie met nederigheid ook te doen.
Om weg te draai van jouself af en na ander toe te draai.
Ons geloof maak ons nie outomaties nederig nie.
Nederigheid begin om voor God te gaan staan, en jouself prys te gee.
Soos ‘n vorige keer gesê, jy groei kleiner om verder te groei.
Jy raak minder om meer bruikbaar te wees vir die Here.

Inderdaad: “Your life is not about yourself”, skryf Richard Rohr.
Dit is meer as om net te weet jy is nie belangrik nie.
Dit is om tot die besef te kom dat jy doelbewus moet wegleef van jouself af,
na God toe, en na ander mense toe.
Dit laat jou selfs besef jy moet nie net heeltyd op jou eie geestelike groei fokus nie!
Dan kan dit ook naderhand net om jouself draai!
Jy moet wegdraai van jouself na God en ander mense toe.
Mense wat weg leef van hulleself af, is juis die groot verskilmakers.

Nederigheid as sodanig is nie genoeg nie.
Daar kom ‘n belangrike aksie by: nederige diensknegte!
Nederigheid is nie maar net ‘n staat waarin jy verkeer nie, of maar net ‘n deug nie.
Dit is ‘n aktiewe daad aan jou medemens, in nederigheid voor die Here.
Ons leef inderdaad nie vir onsself nie!

Filippense 2:3:
“….maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.”

Ernest