Nie altyd maklik nie

Dit is nie altyd maklik om God te verteenwoordig waar jy lewe nie.
Psalm 79:4 sê jy kan selfs ‘n bespotting word vir die mense rondom jou.
Die Psalm wil ook sê ons moenie vir mense skrik,
as mense met ons spot oor ons geloof nie.
Dit is nie maklik om teen die stroom te gaan nie.
Ons kry dikwels teenstand in die wêreld,
juis as gevolg van ons geloofsoortuiging.
Ons word bespot.
Mense dink ons is eienaardig.
Gelowiges word oor die hoof gesien in terme van baie dinge.
Ons word selfs uitgestoot uit sekere kringe.

Maar die einde van Psalm 79 sê die oorwinning is uiteindelik ons s’n.
Mag die Here ons help om in moeilike omstandighede
die geleenthede vir Hom raak te sien.
Om juis in sulke omstandighede na mense uit te reik.

Die Chinese woord vir “krisis” word met twee letters geskryf.
Die een letter beteken “gevaar”, en die ander letter “geleentheid”.
As ons bloot na die een letter kyk, sien ons net die bedreiging.
As ons ook na die ander letter kyk, sien ons in elke situasie ‘n “geleentheid”.
Elke krisis het ‘n geleentheid vir ‘n kind van die Here!
Juis dit is deur die Chinese kerk aangegryp om te bly groei.
Te midde van swaar vervolging bly hulle groei.
Hulle besef dit is deel van Christenwees om nie terug te deins nie.
Om te midde van elke krisis die geleentheid vir God raak te sien.
Sien elke keer die geleentheid vir die Here raak.
Elke keer.
Ongeag jou omstandighede.
Die geleentheid ís daar!
Regtig!

Ernest