In Galasiërs 6:11 sê Paulus:
“Hier teen die einde van my brief het ek dit goedgedink
om self die laaste paar woorde aan julle te skryf.
Tot dusver het my sekretaris alles neergeskryf.
Maar nou skryf ek self.
Julle kan dit sien aan die groot letters wat ek maak.”

 

In Paulus se tyd het belangrike mense gewoonlik briefskrywers gehad
aan wie hulle hul briewe dikteer het. Vandag nog werk baie mens so.
Maar in Paulus se tyd was dit wel die gebruik om
die laaste paar reëls van die brief te skryf.
Dit het beklemtoon dat dit wel jy is wat die brief skryf.

 

Hoekom skryf Paulus in groot letters?
Party verklaarders vermoed dat hy slegte sig gehad het.
Die meeste stem egter saam dat die waarskynlikste rede is
dat hy die belangrikheid van dit wat hy nou self gaan skryf,
asook sy liefde vir hulle, wil beklemtoon.
Die egtheid van jou liefde vir ander,
word ook gesien in die kleinste dingetjies wat jy vir hulle doen.
Moenie die sogenaamde klein dingetjies onderskat nie.
Doen dit met opregtheid uit jou hart.
Die Here doen baie meer daarmee as wat jy dink.

 

Ernest