Die Boodskap vertaal ‘n deel van Galasiërs 6:17 so:
“Kyk dan net hoeveel littekens van Jesus ek oral aan my eie lyf dra.
Ek is omtrent al geslaan en mishandel.”
Hierdie “littekens van Jesus” beteken twee dinge:
Eerstens wys dit na die dinge wat Paulus al gely het omdat Hy Jesus volg.
Tweedens het eienaars van slawe dikwels hulle diensknegte gemerk.
Dit het gewys aan wie hulle behoort.
Paulus wys daarop dat die dinge wat hy al as gelowige vir Jesus gely het,
wys dat hy aan Jesus behoort en Hom dien.
Een vertaling vertaal vers 17 so:
“I carry on my scarred body the marks of my owner; the Lord Jesus.”
Kan mense aan ons die merktekens van ons Here sien?
Aan die manier hoe ons lewe, optree, praat…
Kan hulle sien dat ons aan die Here behoort en Hom dien.
Verbind jou daartoe om elke oomblik van jou lewe hierdie waarheid uit te leef;
dat jy aan die Here behoort en Hom bo alles dien.
In die beroemde St. Martins of the Fields-kerk in London staan geskryf:
“A Christian is a mind through which Christ thinks;
a heart through which Christ loves;
a voice through which Christ speaks;
a hand through which Christ helps.”
Ernest