Charles Spurgeon het gesê:
“Wysheid is die regte gebruik van kennis.
Om te weet is nie om wys te wees nie.
Daar is geen groter dwaas as ‘n alwetende dwaas nie.
Maar om te weet hoe om kennis te gebruik, dit is wysheid.”
Daarom leer ons uit mislukking en moeilike tye,
en tree dan met groter wysheid op.

Dawid het uit foute en mislukking geleer,
en later met groter wysheid opgetree.
Toe Ussa dood neergeslaan het voor die ark in 2 Sam. 6,
kon Dawid dit maklik as ‘n ramp beskou het.
Maar hy het eerder iets uit die tragiese gebeure probeer leer:
Doen dit volgende keer anders.
Nie weer op ‘n ossewa nie, dit is Filistynse gebruik. Dit is verkeerd.
Wanneer hy nou in 2 Sam. 6:14 met volle oorgawe voor die Here dans,
dan gaan dit nou nie oor militêre skouspel nie.
Nou is dit Dawid en die volk wat die ark gaan haal.
Dawid is nie soos ‘n koning aangetrek nie, maar in die klere van ‘n priester.
Terwyl Dawid voor die ark dans, weet hy nou;
dit gaan nie om sý koninkryk nie! Al was sy koninkryk die magtigste van sy tyd.

Ussa het gesterf sodat Dawid kon besef;
‘n mens misbruik nie die ark van God om status aan jou hoofstad te gee nie.
Net soos jy God nie kan misbruik om status aan jou lewe te gee nie.
Leer uit jou foute en mislukkings en gaan aan.
Maak die saak met die Here reg en “dans” voor Hom!

Leo Buscaglia vertel hoe die kook-kenner Julia Childs
se soufflé wat sy vir hom gemaak het,
so plat soos ‘n pannekoek uitgekom het!
Haar antwoord was: “Wel, jy kan nie altyd wen nie. Leo, smaaklike ete!”

Leer uit jou foute,
gebruik die kennis wat jy daaruit kry,
en beweeg aan met wysheid!

Ernest