Dawid het ook foute gemaak. Groot foute!
Dink maar aan sy sonde met Batseba in 2 Sam. 11 en 12.
Maar gelowiges staan weer op want die Here vergewe sondes!
Psalm 37:24 sê: “As so iemand val, bly hy nie lê nie,
want die Here help hom op.”
God gebruik mense wat misluk, want dit is die enigste soort mens wat jy kry.
Daar is nie mense wat nooit misluk nie!
Die lewe bestaan uit ‘n reeks resultate.
Dikwels is die resultaat presies wat jy wil hê. Wonderlik en goed.
Ander kere is die resultaat nie wat jy wou bereik nie.
Steeds wonderlik en goed….Regtig?
Kyk na wat jy gedoen het, sodat jy dit nie weer doen nie!
Dan word dit ‘n “briljante fout”.
Dit het ook betekenis in die vorming van jou wysheid.
Dit is foute waaruit jy leer en so bekom jy meer wysheid.
Gelowiges beweeg vorentoe.
Mislukking maak nie van joú ‘n mislukking nie!
Mislukking maak jou wys en ervare wanneer jy ‘n leerbare gees het.
Laat toe dat die Heilige Gees jou daarin vorm en wysheid gee.
‘n Wyse ou man het gesê:
“Wysheid kom van goeie oordeel af.
Goeie oordeel kom van ervaring af.
Ervaring kry jy as gevolg van verkeerde oordeel.”
Leer uit jou foute.
Staan op na elke mislukking.
Bely, en vertrou die Here met groei in wysheid.
Moenie bly lê nie, want die Here help jou op!
Ernest