Wysheid is saam met God gereed vir enige iets!
Want waar God is, is enige iets moontlik!
Daarom gee die Gees jou, deur die Woord, God se perspektief.
Juis daarom is jy in voeling met die werklikheid.
Daarom glo ons in wonderwerke.
Wonderwerke is niks anders nie,
as God se werk, in die werklikheid!
Daarom kan ons alles met verwagting aanpak.
Saam met God is jy juis daarin gereed vir enige iets.
Wyse mense weet ook;
die Here laat dinge in sy koninkryk op sý tyd gebeur.
Die Here laat dit ryp word vir die regte tyd.
“Wysheid verryk die lewe van hom wat dit besit.
Kyk na die werk van God:
Wie kan reguit maak wat Hy krom gemaak het.” – Prediker 7:12-13.
Wysheid leef met verwagting dat God iets sál doen! Iets groot!
Dit herinner ons aan ‘n sekere soort Chinese bamboesboom:
In die eerste jaar plant die Chinese die saad.
Hulle gee dit water en sorg, maar niks gebeur nie.
Hulle hou aan daarmee,
en selfs in die tweede, derde en vierde jaar gebeur daar maar min.
Maar in die vyfde jaar skiet die bamboesboom op….
na 30 meter in die bestek van 6 weke! Ja, jy het reg gelees!
Die plant het egter nie in ses weke gegroei tot 30 meter nie.
Dit het vyf jaar geneem, met water en sorg.
Dit is hoe God werk.
En wyse mense is daarom nooit verras as iets so gróót gebeur nie.
Hulle verwag dit, want hulle verwag groot van God!
Ernest