“Om te glo is om seker te wees van die dinge wat ons hoop,
om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” – Hebreërs 11:1.

Kyk mooi na hierdie woorde:
“I am doomed to remember a boy…. He is the reason I believe in God.
What faith I have, I owe to Simon Birch…. It’s Simon who made me a believer!”
So begin die briljante fliek, Simon Birch, wat jy een of ander tyd móét kyk.

Simon is ‘n twaalfjarige dwergieseun wat in ‘n klein dorpie grootword.
Ten spyte van sy probleme bly hy ‘n kind vol hoop!
Hy is ‘n getroue vriend. Hy is veral beskermend teenoor kleiner kinders.
Hy help en bemoedig heeltyd sy beste vriend, Joe, wat uit moeilike omstandighede kom.
Hy glo God het ‘n plan met sy lewe, en dat God hom vir iets groots gaan gebruik!
Selfs sy beste vriend, Joe, glo hom nie altyd nie. Wat kan God tog met Simon doen?

Maar Simon blý glo en hoop:
Simon: “But things will be different when God makes me a hero.”
Joe: “You shouldn’t talk about this hero stuff, Simon.”
Simon: “Why not? It’s true!”
Joe: “You have no proof!”
Simon: “I don’t need proof. I have faith! God’s got a plan for me.”

Simon is uiteindelik reg!
God maak van hom ‘n held, wanneer hy kinders uit ‘n sinkende bus in ‘n ysige rivier red.
Keer op keer stel hy sy eie lewe in gevaar om nog ‘n kind te red.
Totdat dit uiteindelik sy eie lewe kos….
Dit maak nie saak wie jy is en wat jou “tekortkominge” is nie.
Glo dat God ‘n plan het met jou lewe!
Bly vertrou en hoop!....in die omstandighede waarin jy nou is. Hy vertrou jou nou dáár
Eers as jy dit doen, dan neem Hy jou na die volgende vlak.
God gebruik mense met hoop en vertroue op Hom om groot dinge te doen!
Hoekom? Omdat hulle al hul vertroue en hoop op Hom plaas,
en “seker is van die dinge wat hulle hoop,
en oortuig is van die dinge wat hulle nie sien nie” - Hebreërs 11:1.
Eerder as om te luister na die “Joe’s” van die lewe….

Dink gróót soos Simon:
“I don’t need proof. I have faith! God’s got a plan for me.”

Ernest