Lees weer Efesiërs 1:3-14.
Die seëninge van die Heilige Gees wat daar in die hemel is,
en wat God vir ons gee, is onbeperk! Dit omsluit alles!
God kies jou!
God maak jou sy kind!
God laat jou uit sy genade leef!
God verander jou hele lewe!
God gee jou insig in sy wil vir jou!
En nou die sesde seëning van die Heilige Gees, in vers 11:
“Deur Christus het ons deel geword van die volk van God,
soos Hy dit vooruit al bestem het.”
Jy is ‘n hemelse burger!
David Henderson, ‘n Amerikaanse predikant,
vertel hoe hy by Cambridge in Brittanje gaan studeer het,
en eenvoudig uitgestaan het as Amerikaanse burger.
Sy aksent het hom weggegee, sy houding, sy kleredrag, alles…
Dit was vir hom verstommend, al het hy dit probeer wegsteek.
“Later on I realised that I had a better chance of hiding ice cream in my pocket,
than disguising my country of origin.
Everything gave me away as a Yankee! Try as I might,
there was no hiding my identity.”
Dan vra hy: “Has anyone suspected your true nationality –
your citizenship in the kingdom of God?”
Staan uit as burger van die koninkryk van God!
Dit is ‘n seëning van die Heilige Gees!
Jy woon ook net tydelik hier.
Jou ewige woning is by God!
Ernest