Dit is merkwaardig wat die gevolg is van die
seëninge van die Heilige Gees wat daar in die hemel is!
In Efesiërs 1:3-14 sê Paulus 4 keer: dit is lof aan God!
Vers 3: “Aan God... kom al die lof toe…!”
Vers 6: “Daarom moet ons God prys…!”
Vers 12: “Daarom moet ons….die grootheid van God prys!”
Vers 14: “Daarom moet ons sy grootheid prys…!”

Ons kan nie anders nie as ‘n lewe van lof aan God!
Ons kan voluit leef, en met lof aan God leef,
omdat ons elke dag kan weet,
en bely wat ‘n Zimbabwiese predikant
se finale joernaalinskrywing was,
voor hy vir sy geloof gesterf het:
“I am a disciple of Christ.
I will not let up, look back, or slow down.
My past is redeemed, my future secure.
I am done with low living, small planning,
smooth knees,
mundane talking and small goals.
My fate is set; my goal is sure!
My road is narrow and rough.
I am a disciple of Christ.
I must go until He comes.
Speaking of all I know of Him,
and work until He stops me!”

Aan God kom al die lof toe!
Daarom moet ons die grootheid van God prys!

Ernest