Laat die heilige Gees aan die stuur van sake staan!
Laat Hy alles beheer wat ons dink en sê en doen.
Wanneer die Heilige Gees ons lewe beheer,
dan sal die sonde ons nooit onderkry nie.
Inteendeel, meer nog:
Ons sal die vrug van die Gees dra!

Galasiërs 5:21-22 sê dit so treffend in Die Boodskap,
met die beeld van ‘n vrugteboom:
“’n Mens kan sien watter mense se lewens deur die Heilige Gees beheer word.
Net soos ‘n boom wat ‘n baie goeie vrug oplewer,
wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort.
Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde.
Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle.
Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees.
Hulle straal vriendelikheid en warmte uit;
daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees.
Hulle doen goeie dinge vir ander mense.
Ander kan altyd op hulle reken,
omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou.
Hulle is vol deernis en ontferming.
Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer,
sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie.”

Die Gees bly in jou om jou te verander,
dat jy meer en meer soos Jesus sal optree.
Daarom het die bekende Franse wetenskaplike gesê:
“Next to the might of God, the serene, silent beauty of a holy life,
is the most powerful influence in the world.”
Jy dra die vrug van die Gees wat jou eenvoudig anders laat lyk en leef.
Jy vertoon meer en meer die beeld van Jesus Christus,
omdat die Heilige Gees in jou woon, en jou lei,
en jou laat leef in die waarheid.

J. B. Phillips sê die Heilige Gees verander jou totaal en al:
“Everytime we say , “I believe in the Holy Spirit”,
we mean that we believe that there is a living God,
able and willing to enter human personality and change it.”
Ons kan nooit ooit sê ons is nou maar sus of só nie.
Laat die Heilige Gees jou lewe beheer!

Ernest