In Galasiërs 5:22, in die Nuwe Vertaling (1983),
word die vrug van die Gees so genoem:
“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede,
geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid,
nederigheid en selfbeheersing…”
Dit is nie heeltemal waterdig so nie, maar:
Liefde, vreugde en vrede, het baie te doen in ons verhouding met God.
Geduld, vriendelikheid en goedhartigheid,
het baie te doen in ons verhouding met ons medemens.
Getrouheid, nederigheid en selfbeheersing,
het baie te doen in ons verhouding met onsself.
The Word on the Street is ‘n baie vry vertaling,
en vat dit so raak in Galasiërs 5:22:
“If God’s Spirit is in charge, then this is you:
You’re loving, alive, vibrant, sparkling.
You’re calm; you walk into a room, and friction walks out.
You can handle delay’s; you’re not pushy.
You’re generous with money, with time, with people.
You’re good and solid, always ready to help.
You don’t double cross people;
You don’t use your fists in anger;
You don’t loose your cool – you’re in control.”
Die Boodskap sê dan in vers 25:
“Die Gees het ons splinternuut gemaak.
Daarom moet ons toelaat dat Hy elke dag ons lewe bestuur.
Hy moet besluit wat ons dink en sê en doen.”
Jou geleefde geloof vertel ‘n kragtige storie,
oor God en sy Gees wat in jou woon.
Ernest