Jesus liefde, ontrek vanaf http://www.lifesjourneytoperfection.net/2015/08/lds-sharing-time-ideas-for-september.html#.V0QHHr74FCc

Paulus bid vir die Efesiërs dat hulle in staat sal wees om,
saam met al die gelowiges, te begryp hoé groot Christus se liefde vir hulle is.
“Saam met al die gelowiges” sluit ons in!
Die Boodskap vertaal Ef. 3 vers 18 so:
“Ek bid ook dat julle, saam met al die ander Christene,
sal kan ervaar hoe lief Christus ons regtig het.
Sy liefde kan ons nie met woorde beskryf nie:
dit is te groot en wonderlik.
G’n mens kan dit met sy verstand uitredeneer nie,
want dit is baie groter as wat ons as mense is.
Maar ek bid tog dat julle so ‘n ietsie daarvan sal snap.”

The Message sê so mooi: “…the extravagant dimensions of Christ’s love.
Reach out and experience the breath! Test its length!
Plumb the depths! Rise to the heights!”
Jesus se liefde laat jou nie onveranderd nie!
Selfs al snap jy maar net ‘n ietsie daarvan!

Die breedte van Jesus se liefde sluit elke mens in.
Die kruis het gewys hoe ver sy liefde vir mense gegaan het.
Sy liefde se diepte het die dood ervaar en oorwin.
In hoogte strek sy liefde tot in die hemel,
waar Hy aan die regterhand van God sit en vir ons intree!
Die Here Jesus Christus tree elke dag,
as Voorspraak, vir jou in by die Vader!
Geen mens of plek is buite die bereik van Jesus se liefde nie.
Weet dit vandag. Hou daaraan vas.
Ongeag jou omstandighede….

Ernest