“Wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood,
sodat ek vir God kan lewe: Ek is saam met Christus gekruisig,
en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe.
Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God,
wat sy liefde vir my bewys het, deur sy lewe vir my af te lê.
Ek verwerp nie die genade van God nie.
As ‘n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou,
sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.” – Galasiërs 2:19-21.

“Leef in die geloof IN die Seun van God” kan ook vertaal word as:
“Leef in die geloof VAN die Seun van God”.
Die misterie hiervan is dat Jesus glo wanneer ek nie meer kan nie.
Dit is onverstaanbaar, maar laat ons dink aan Jesus
wat vir ons intree aan die regterhand van God,
en aan die Heilige Gees wat in ons woon,
ons Voorspraak, waarvoor Jesus juis die Vader gevra het,
dat Hy Hom sal stuur, is sy plek, na die hemelvaart.
Jesus is nader aan my as wat ek aan myself is!
Hy leef in my! Dit maak ons as Jesus-volgelinge so anders!

Ernest