“Maar God het….”
Dit is lewensveranderende woorde!
Paulus sê:
“Dink weer ‘n slag mooi na oor alles wat God vir julle gedoen het.
Julle was eers soos dooie mense as dit by God en sy dinge gekom het.
Kyk net hoe lelik het julle geleef en hoeveel dinge het julle gedoen,
waarvan God net mooi niks gehou het nie.
Die ou duiwel is nog steeds bedrywig onder die mense
wat nie luister na wat God vra nie.
Dit is eintlik maar die storie van ons almal se lewens.
Eers het ons almal agter die sonde aangeloop.
Wat ons gedink of gedoen het, was die ene sonde.
As iets sonde was, was ons daar om dit te doen.
Ons het dieselfde menslike geaardheid as al die ander gehad:
ons het net in die sonde belanggestel.
En vir iemand wat so is, wag daar net een ding: die ewige straf van God.
Máár, God het sake, en veral óns, nie só gelos nie.” – Efesiërs 2:1-4.
Hierdie is absoluut lewensveranderende woorde!
“Máár, God het sake, en veral óns, nie só gelos nie….!”
Iemand het gesê sy toekoms is vir hom donker.
“Hoekom?”...vra sy vriend, “wat maak jou toekoms so donker?”
“My verlede”, antwoord hy.
Paulus dink hier aan ons verlede.
Ons was dood.
Ons was verslaaf aan sonde.
Ons was gedoem.
“Máár God het….”
Lewensveranderende woorde!
Ons het nou ‘n toekoms saam met God!
Paulus sug nie oor die verlede nie.
God het alles kom verander!
God se genade slaan jou asem weg!!
Ernest