Jesus sê in Lukas 9:24:
“Want elkeen wat sy lewe wil behou,sal dit verloor,
maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou.”
En dan vra Jesus in vers 25 die vraag: “Wat help dit ‘n mens…?”
As ons probeer om ons lewe te behou, as ons dit vasklou, kneus,
forseer, onsself dwing om sukses te behaal, gemeet aan wêreldse standaarde,
sal ons ons lewens vereng, dit verwoes, en die lewe daaruit pers.
Maar, as ons leer om ons lewe te verloor, om dit prys te gee,
ter wille van iets hoër as eiebelang, sal ons dit juis behou!
Dan sal ons die verlossing ervaar wat die Bybel bedoel.
‘n Verlossing wat uitloop op ‘n ongeskonde lewe en verhoudings.
E. Stanley Jones, een van die groot Christelike denkers van die 20e eeu,
sien sy lewe en geloof in universele konteks.
Toe hy gevra is wat aan die hart van die heelal en die lewe lê,
was sy antwoord: selfopofferende liefde!
Hy het geglo dat die selfopofferende liefde van God in Jesus Christus,
nie net ‘n randgegewe is nie, wat maar net nou en dan gesien word nie,
maar dat dit regtig ten grondslag lê van ál ons krag. Hy het gesê:
God is liefde en Hy werk deur liefde en deur niks anders as liefde nie!
Iemand het eenkeer vir Jone gesê:
“Niemand het die reg om so gelukkig te wees soos jy nie!”
Waarop Jones geantwoord het:
“Jy is volkome reg. Ek verdien niks. Tog het ek alles!
God is die hart van hierdie alles wat ek het!
Ek het alles, alles wat ek nodig het, en oneindig méér.”
Sien jou hele lewe as ‘n gawe van God,
God wat selfopofferende liefde die middelpunt van die heelal maak!
“Elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit behou…”, sê die Here.
Ernest