In Efesiërs 2:8-10 beklemtoon Paulus dit,
dat God ons gemaak het wat ons nou is:
“Vra julle waarom julle nou juis gered is?
Wel, dit is omdat God so goed is en julle Jesus so vertrou.
Dit is nie iets wat ons self reggekry het of kon doen nie:
God het dit vir ons verniet gegee.
Dit is nie iets waaroor enigeen van julle kan loop en spog nie,
want dit is nie asof julle self daarvoor gewerk of dit verdien het nie.
Onthou, God het ons gemaak wat ons nou is.
Dit is Hy wat ons nuutgemaak het omdat ons Christus Jesus s’n is.
Hy het dit gedoen sodat ons reg en goed kan leef,
soos Hy lankal besluit het ons moet leef.”

Uit dit wat Paulus sê is dit duidelik dat wanneer mense na ons kyk,
hulle behoort te vra: “Wie het jou gemaak wat jy is?”
Die Griekse woord vir “maak” wat in vers 10 gebruik word,
het die betekenis van ‘n kunswerk!
Ons is lewende kunswerke wat ons Kunstenaar se vermoë
aan die res van die wêreld uitstal!
God het ons gemaak wat ons nou is, meesterstukke.
Dit is alles God se genade!

The Word on the Street vertaal dit só:
“There’s nothing you’ve done that’s sorted your life.
No, it’s God’s generosity that’s done it;
you’ve just taken Him at His word, and even your ability to do that,
comes direct and free of charge from Him. We’re God’s masterpiece.”

God alleen het ons gemaak wat ons nou is!

Ernest