“Omdat ons Jesus s’n is en op Hom vertrou,
hoef ons nou nie meer bang te wees om na God toe te gaan nie.
Ons kan dit vol vertroue doen, sonder om te wonder of ons mag.
Ek vra God daarom dat julle nie moed sal verloor
omdat ek so swaarkry ter wille van julle nie.
Dit wys eerder hoe belangrik julle is.” – Efesiërs 3:12-13.

Wanneer jy Jesus volg en getrou in sy voetspore stap in hierdie wêreld,
moet jy moeilikheid verwag.
Paulus skryf dat hy nooit verwag het dat die weg van Jesus maklik sou wees nie.
Die pad van lojaliteit aan Jesus sal nie maklik wees nie.

Unamuno, ‘n Spaanse gelowige, het gesê:
“May God deny you peace, but give you glory.”
F. R. Maltby het gesê:
“Jesus promised His disciples three things –
that they would be absurdly happy,
completely fearless,
and in constant trouble.”

Om ter wille van Christus moeilikheid te hê,
is nie ‘n straf nie, maar is ons eer!
Want dit is om te deel in die lyding van Jesus self.
Dit is ook ‘n geleentheid om te wys hoe opreg
ons getrouheid aan die Here is.
Bly getrou aan die Here Jesus.
Ongeag!
Want Hy bly getrou aan ons.
Ongeag!

Ernest