Die Psalmdigter vergelyk sy smagting na God,
met die van ‘n wildsbok wat smag na water.
Om in ‘n verhouding met God te leef bring so ‘n dors na Hom.
Om gereeld by Hom jou dors te les.
Dit is ook die behoefte om veilig en beskut en versorg te wees,
in die teenwoordigheid van die Almagtige Vader.
Psalm 42:2-3:
“Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome,
so smag ek na U, o God.
Ek dors na God, na die lewende God…”

 

Die skrywer was goed bekend met die woestynomstandighede.
Onherbergsaam en genadeloos.
Hy ken die intense dors daarvan.
Die allesoorheersende smag na water.
En die verkwikking daarvan waar dit uit ‘n fontein borrel.
Dit is met nog meer verkwikking,
wat God ons lewensdors na Hom les!

 

Dale Fife praat is sy boek,
“The Hidden Kingdom: Journey into the Heart of God”,
van “U is die lug wat ek inasem.
U heilige teenwoordigheid,
is die lewegewende suurstof binne-in my.”
Om in ‘n lewende verhouding met die Here te leef,
maak dít jou sielsverlange.
Dit is die uitroep van jou hart.
Dit is waaroor die lewe gaan.

 

Ernest