“Daar is net een liggaam van Christus, waarvan ons deel is,
en net een Heilige Gees.
Ons almal se hoop is ook een en dieselfde.
Ons dien een Here, ons geloof is dieselfde,
en daar is net een doop.
En dan is daar ook net een God,
en Hy is die Vader van ons almal.
Niks en niemand is soos Hy nie,
want Hy is belangriker as alles en almal.
Hy werk deur ons en woon in ons almal.
Christus het vir elkeen van ons iets besonders gegee,
om in die gemeente te doen.
Hierdie spesiale geskenke het Hy vir ons gegee,
sonder dat een van ons dit verdien het.”
Efesiërs 4:4-7.

‘n Ou Latynse uitdrukking sê:
“Ubi Christus, ibi ecclesia”
Dit beteken: Waar Christus is, daar is die kerk!
Ons is deel van die liggaam van Christus.
Die teksgedeelte sê God die Vader werk deur die liggaam van Christus.
“Hy werk deur ons en woon in ons almal.”
Christus gee vir elkeen van ons iets besonders om te doen.
Daarom doen ons alles asof ons dit vir die Here doen,
want ons doen dit vir Hom! Inderdaad!
Daarom gee ons altyd ons beste.
Ons doen net anders as die wêreld, want ons doen dit “soos Jesus”.
Vir God!
“Want Hy is belangriker as alles en almal”, sê die teks.

Kolossense 3:23:
“Wat julle ook al doen,
doen dit van harte soos vir die Here,
en nie vir mense nie…”

Ernest