Efesiërs 4:11-13 sê:
“Hierdie Christus het vir ons spesiale dinge gegee om in die gemeente te doen.
Nie elkeen van ons het dieselfde gekry om te doen nie.
Hierdie mense, met die spesiale gawes wat hulle gekry het,
werk saam om die gemeente te help en voor te berei,
om hulle werk as Christene in die wêreld goed te kan doen.
Op die manier sal die liggaam van Christus sterk word,
en kan wees wat dit behoort te wees.
So sal ons al hoe nader aan mekaar beweeg,
en al hoe meer ‘n eenheid vorm.
Saam sal ons die Seun van God beter leer ken,
en meer op Hom vertrou.
Dan sal ons soos geestelike grootmense word,
so volwasse in ons geestelike lewe soos Christus self.”
Hier word groot klem gelê op ons eenheid as Christene, as liggaam van Christus.
Vers 13 sê: “Op die manier sal die liggaam van Christus sterk word,
en kan wees wat dit behoort te wees.”
Sir Thomas Beecham, die stigter van die
“London Philharmonic and the Beecham Opera company”,
het op ‘n keer in ‘n ander stad as gasdirigent gaan optree.
Hy het vining agtergekom dat die simfonie-orkes nie goed afgerig is nie.
Soos die kleedrepetisie gevorder het, het hy al hoe meer gefrustreerd geraak.
Uiteindelik, nadat hy die musikante vir die derde keer,
op dieselfde plek in die musiekstuk gestop het,
het een van die musikante hewig beswaar gemaak:
“Well, just how do you want us to play?”
Sir Thomas het hom rustig aangekyk, en geantwoord:
“Together”.
Ons krag as Jesus volgelinge lê ook in ons eenheid en eensgesindheid.
Dat ons één in Jesus is!
Die visie om vir Hom, en sóós Hy te leef, maak ons één.
En daarin lê ook ons krag.
Kyk weer, vers 13 sê:
“Op die manier sal die liggaam van Christus sterk word,
en kan wees wat dit behoort te wees.”
Vance Hafner het hieroor gesê:
“Snowflakes are frail, but if enough of them get together,
they can stop traffic!”
Ernest